deur Gerhard Strydom
(Gaan kry vir jou ‘n koppie koffie en raak rustig terwyl jy hier lees.)
WAAR IS JY OOR ‘N MAAND, 6 MAANDE OF TWEE JAAR VAN VANDAG AF?
Is jy reeds susksesvol of is daar nog iets waarna jy strewe? Maak dit jou ongelukkig om te strewe na dinge en dit nie te kan hê of doen nie. Doen jy iets daaraan?
Kom ons kyk eers wat is SUKSES.
SUKSES = drome = doelwitte = doelwitte wat bereik word = tevredenheid = SUKSES
Bogenoemde is ‘n baie vereenvoudigde definisie van sukses. Dit is nie soos baie mense voorgee die status in die samelewing wat jy beklee of die motor waarmee jy ry nie, maar dit is jou innerlike tevredenheid met dit waarna jy streef en bereik. My kinders het toe hulle nog kleiner was altyd vir my gevra met watse kar ek sal ry as geld nie ‘n kwessie was nie en my antwoord was altyd: ‘n ou jeep wat vol stof is waarmee ek op my Bosveldplaas kan rondry sonder om te bekommer dat hy sal krap in die bosse of sal vuil word in die stof. Dit was heeltemal in teenstelling met die antwoord wat hulle verwag het. So het elke mens drome waarna hy streef.
Hoekom is party mense suksesvol en ander nie? Mense word van geboorte af geprogrameer soos ‘n rekenaar met sekere inligting. Elke aksie wat met ‘n mens gebeur lei tot ‘n reaksie en indien ‘n sekere persoon soveel terugslae en vernederings in sy lewe ervaar word hy so negatief geprogrameer dat hy later glo dat hy ‘n ongeluksvoël is en nooit geluk in sy lewe sal of kan ervaar nie.
Om hierdie negatiewe invloede in jou lewe te verander het daarwerklike aksie nodig. Ek wil in die volgende paar artikels gaan kyk wat ons kan doen om ons negatiewe programering om te swaai in ‘n positiewe uitkyk op die lewe en sodoende SUKSEVOL te wees.
Dinge waarna ons gaan kyk is prestasie, positiewe denke, selfbeeld, tydsbestuur, beplanning en besluitneming en ontspanning.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
