Kieslys

Close


*/

11 Mei
2017
Boeke
409 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Eseltjiesrus Reuse Boekefees 2017

Hier is nou ‘n buitengewone boeke storie.

Die tiende jaarlikse Reuse Boekefees word vanaf Vrydag 19 tot Sondag 21 Mei op McGregor naby Robertson in die Breederiviervallei gehou. Wat hierdie boeke makietie uniek maak, is dat alles ten bate van gehawende donkies is!

Die sameroeper van die Boekefees, Dr. Johan van Zijl, sê dat hulle mense van oraloor verwag. “Almal wat vorige Boekefeeste bygewoon het, sal die wonderlike verskeidenheid boeke en die groot winskope onthou. Die feit dat die totale opbrengs vir die Eseltjiesrus toevlugsoord vir afgeleefde donkies aangewend word, maak die uitstappie nog lekkerder!”

Vragtevol nuwe en kraakvars tweedehandse boeke kan besigtig en gekoop word en weggeepryse is aan die orde van die dag by hierdie bielie van ‘n verkoping. Dit word nie verniet “die grootste enkele boekeverkoping in die Wes-Kaap” genoem nie!

Daar is meer as 12 000 boeke om uit te kies en elke dag word nóg nuwe voorraad bygevoeg. Dus is dit glad nie nodig om al op die eerste dag daar te wees nie! Daar is ook ‘n Spesiale Versameling afdeling met skaars of buitengewone boeke wat altyd baie aftrek kry.

Die Boekefees bied kinderboeke, geestelike leesstof, fiksie en nie-fiksie, kos – en reisboeke én van alles en nog wat en vind in die munisipale sentrum in Voortrekkerstraat in McGregor plaas.

Eseltjiesrus self is ’n geregistreede liefdadigheids-organisasie en is sowat 5 km buite McGregor geleë en is beslis ‘n besoek werd. Al die donkies is uit haglike toestande gered en geniet nou vir die eerste keer ‘n bestaan sonder pyn en ontbering.

David Kramer en donkie

David Kramer is die beskermheer van Eseltjiesrus

Reuse Boekefees




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Boeke
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Boeke
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Boeke
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
15 November 2005
Boeke
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Boeke
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Lena
2017-09-19 15:25:50
‘n Kosbare verhaal in gedigte vasgelê. Besonders mooi....
Gedigte van Driekie Beetge | Roekeloos
2017-09-19 08:57:22
[…] Digters […]...
Hilda Smits bekroon met Ingrid Jonker-prys vir poësie 2017 | Roekeloos
2017-09-14 13:30:29
[…] Van Hilda Smits se eerste gedigte het destyds by Roekeloos.co.za verskyn. Lees meer by Ged...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD