Lost Girls: An Unsolved American Mystery


Die bekende joernalis Robert Kolker lewer ‘n meesleurende getuienis van die soektog na ‘n reeksmoordenaar. Een wat steeds op vrye voet is in Long Island, New York. Lost Girls: An Unsolved American Mystery is ‘n boeiende ware verhaal van onopgeloste moord en Internet prostitusie.

Een aand laat in 2010 hardloop Shannan Gilbert skreeuend deur Oak Beach, New York. Sy is nooit weer daarna gesien nie. Niemand het hulle aanvanklik veel daaraan gesteur nie. Die 24-jarige vrou was ‘n Craigslist-prostituut wat waarskynlik ‘n onderonsie met ‘n kliënt gehad het, of so het almal gedink. Die polisie het hulle ook nie daaraan gesteur nie, tot sewe maande later. ‘n Onverwagse ontdekking in ‘n braambos langs ‘n nabygeleë snelweg het almal laat aandag gee. Sewe jong vroue se liggame, mooi eweredig gespasieer en toegedraai in lap het daar gelê.

Shannan was nie een van hulle nie. Daar was Maureen Brainard-Barnes, laas gesien by Penn Station in Manhattan drie jaar vroeër, en Melissa Barthelemy, laas gesien in die Bronx in 2009. Ook Megan Waterman is geïdentifiseer, laas gesien in ‘n hotel in Hauppage, Long Island, net ‘n maand na Shannan se verdwyning, en Amber Lynn Costello, laas gesien by ‘n huis in West Babilon. Soos Shannan was al vier vroue fyn gebou en in hul twintigs, het almal as prostitute gewerk , en hulle het almal geadverteer op Craigslist en sy mededinger, Backpage.

Robert Kolker bied die eerste gedetailleerde ondersoek na Internet-prostitusie. Hy het uitvoerige onderhoude gevoer met die familie en vriende van elke vrou. Hy ondersoek hul agtergrond, die sukkelende dorpe waar hulle vandaan kom, en die drome wat hulle nagejaag het. Kolker het intieme kennis van die Oak Beach gemeenskap opgedoen, ‘n afgeleë plek waar die vroue se stories saamloop in die dood en in ‘n donker geheim .

Die boek is nie net oor die vyf vroue nie, maar ook oor die Internet se donker kant en oor geheime wat ons vir onbewustelik vir onsself hou.

Lost Girls
Lost Girls

Koop / Buy Lost Girls: An Unsolved American Mystery (sagteband)

Koop / Buy Lost Girls: An Unsolved American Mystery (eBoek)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply