’n Nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles.

Dieselfde temas geld as in sy vroeëre werk: ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en die onontkombaarheid van die dood, deurgaans gekenmerk deur ’n amper moedswillige humor.

Die verhaal begin in ’n tuinwoonstelletjie waar ’n oud-onderwyser een aand sit en musiek luister, min wetende dat daar ’n lewensveranderende insident met ’n hond op hom wag.

’n Meesleurende roman, met ’n merkwaardige insig in die mens se lot.

Op ‘n dag, ‘n hond / John Miles — Human & Rousseau, 21 November 2016; 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780798174329

Op ‘n dag,’n hond,
Bettie Blom,
4 Desember 2016.

4

Lewer kommentaar

Leave a Reply