Die Kanadese blues-meester Doc Maclean is in Suid-Afrika vir niks minder nie as 40 shows regoor die land.

Maclean se kaal vingers kom tokkel dooie snare vir daai blues van die donker kant van die pad. Dié vabond vertel ook stories so tussen die musiek deur.

Albert Frost is deel van die kaperjolle by Die Boer in Durbanville op 7 Desember 2016. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911.

Lewer kommentaar

Leave a Reply