Die film en die kulinêre kuns is al dikwels saam opgedis.
Wie se mond het nie gewater tydens die uitgebreide maaltye van Babette’s Feast nie? Wie wou nie aansit vir die liefdevolle pa se uitspattige disse in Eat Drink Man Woman nie?
Vreemd genoeg is dit juis bogemoemde dimensie – die sintuie – wat afwesig is in Julie & Julia, regisseur en medeskrywer Nora Ephron (You’ve Got Mail) se blik op die lewe van Julia Child. Die priesteres van die Franse kookkuns in Amerika word aangebied as ‘n plesierige tannie vol grappies. Daar is nie veel van ‘n verhouding met kos hier nie, dit gaan meer oor verhoudings tussen mense – ‘n tipiese Ephron dis.
Nora Ephron fokus op twee vroue wie se lot verweef is, 40 jaar uitmekaar. Julia Child het ‘n inpak gemaak op die lewe van Julie Powell. Julie het destyds onderneem om een jaar lank elke dag ‘n resep uit Julia Child se boek Mastering the Art of French Cooking te maak en daaroor te blog.
Ephron se kamera ondersoek parallelle paaie in die twee vroue se lewe deur middel van terugflitse. As die vrou van ‘n diplomaat moes Julia Child in die diepkant begin in Parys in 1948. Gelukkig vir haar het sy sommer gou tuis gevoel in die tipiese Franse kombuis.

Julie & Julia
Daar is ongelukkig nie veel inspirasie om die Franse kookkuns te probeer nie.
Regisseur: Nora Ephron
Met: Meryl Streep, Amy Adams & Stanley Tucci
3 / 5
bydrae: JM

Mastering the Art of French Cooking
11 November 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Related posts:















[...] Beste Aktrise (Film – Musiekblyspel of Komedie): Meryl Streep in Julie & Julia [...]