Die P.P.C. Imaginarium-toekennings is in 2014 geloods en finaliste ding mee om een van die dikste beursies sovêr dit Suid-Afrikaanse kuns en ontwerp aangaan.
Kategorie-finaliste het elk R50 000 ontvang, met R15 000 vir elke tweede plek. Die algehele wenner, Mignon Dauberman, het die kategorie vir juweliersontwerp gewen en was ook die algehele wenner. Sy het R100 000 ontvang.
Die klem is op innovering in dié kompetisie en deelnemers word natuurlik aangemoedig om sement te gebruik.
Daar is 47 finaliste gekies uit die 698 inskrywings. Hulle werk word tans uitgestal by die UJ Kunsgalery in Auckland Park tot 24 Maart 2016.
Die kategorie-wenners was:
FILM
Kyle Goulden
MODE
Hester Erasmus
INDUSTRIËLE ONTWERP
August de Wet
BEELDHOU
Jana Kruger
JUWELIERSONTWERP
Mignon Dauberman


Lewer kommentaar