Die aankondiging dat die Aardklop-kunstefees op Potchefstroom nie weer gaan plaasvind nie, het geweldige reaksie ontlok. Dié fees, wat in 1998 vir die eerste keer aangebied is, was van die begin af bekend vir sy vernuwende karakter. Ons gesels met die voorsitter van die Aardklop-direksie, advokaat Louise Barretto.
