#Woordfees Mathys Roets – 21 jaar in die musiekbedryf

Mathys Roets vier vanjaar sy 21ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

Twee dekades gelede het Mathys sy boeke permanent verruil vir sy kitaar en mikrofoon.

Hierdie vertoning is ’n nostalgiese terugblik op sy sangloopbaan.

Hy vertel die storie met die musiek en skrywers waarmee hy die pad as sanger geloop het.

Die gehoor kan hulle verlustig aan ’n propvol program, begelei deur Matthys Maree op klavier, met musiek van onder andere Koos du Plesssis, Leonard Cohen, Lucas Maree en Piet van Wyk de Vries.

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 20:30, 5 Maart 18:00

Woordfees 2016

Mathys Roets – 21 jaar in die musiekbedryf,
Roekeloos,
25 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar