Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.
‘n Nag in die bosveld
knetter en klap
‘n kampvuur op ‘n ysige nag
ritsel en knars huiwerig naderend
blink oë loer lafhartig wagtend
die donker lag senuweeagtig
koggel en grou eggo bloeddorstig
hygend diep intimiderend
verskuil in duister beveel maanhaar koning
onderdane tot die slagveld
soos donderskote klap hoewe angstig windaf
luidrugtig vlugtend van katvoet sluipend
die natuur rep ‘n uitgerekte gil
koningin en haar trawante verklaar stryd
brullend stormend sierlik
finaal bulk ‘n moeder haar laaste liefde
verlaat ‘n kalfie klein
sal sy nie sy horings sien toring tot spiese
donderend verlatend die redding van haar kind
sug sy haar laaste asem
kraak en skeur en breek
maanhare rooi besmeer met skuld en honger en lus
wywe en welpe afwagtend honger en moeg
lafaards agter sleepgat lamsak huiwer en draai
moeitelose broksels nie te versmaai
Walswind
goudstringe dans ritmies saam
‘n wals vir my en jou
‘n dans vir als wat ons nog wou
swierend swaai die stele van die veld
vat my hand dan trap ons saam
roep die wind jou naam
soos een beweeg hul drie op vier
heimwee sing die melodie
dit het geen einde nie
suis die ritme deur die goud
jou hand my stuur
en ek weet ek stry teen ‘n muur
Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Baie diep en pragtige werk. Lekker om nuwe gedigte te lees soos dit. Voel of ek self in wildernis was
Puik verse. Sal graag meer van jou werke wil sien!!!
Uitstekend beskryf. Ek voel ek sit langs daardie kampvuur en kry koue rillings van angs vir die arme slagoffer.
Walswind. Weer eens uitstekend beskryf. Koue rillings verander in warm gloed van sagmnoedigheid.
Wonderlik. Kyk die talent. Sy het van eenjarige ouderdom al vlot gepraat met ‘n woordeskat wat jy nie kon glo nie. Dit maak mens baie trots om hierdie gedigte vandag te kan lees en geniet.
Michelle, jou gedigte is ongelooflik!
Ek kry ‘n knoop in my maag druk my
ore toe sien alles voor my gebeur!Meegevoer Die wind….jonk vol verwagting beskikbaar Dryf tot op die spits
Soe Michelle jy oortref jouself! Laat kom nog meer Wat ‘n heerlikheid om dit te lees en verstaan You go girl!
Jy besit inderdaad die vermoeë om voortreflike beskrywings te gebruik. Hartseer en stryd kan raakgelees word in “Walswind”