#Aardklop Aartappels en ammo

Aartappels en ammunisie – dís wat jy moet opgaar voor die Groot Ramp ons tref.

Of só glo ’n groep “regmakers”, die Suid-Afrikaanse weergawe van die obsessiewe Amerikaanse Doomsday Preppers.

’n Desperate televisiejoernalis dokumenteer dié rare klomp Suid-Afrikaners. Maar wat gebeur as ons held opgevreet en uitgespoeg word deur ’n wêreld waarvoor hy nie mal of mans genoeg is nie? Is jy? Koop ’n kaartjie en kom vind uit.

* Première *

Met: Chris Vorster – as akteur, skrywer en regisseur.

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 65 minute
Kaartjies: R 120
Plek: C6 Opvoedkunde (POK-hoofsaal), Potchefstroom
Datum: 6 – 10 Oktober 2015

Aardklop 2015

Aartappels en ammo,
Roekeloos,
26 Mei 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply