Oorblyfsel / Voice over

’n Bundel met gedigte in sowel Afrikaans as Engels: die twee tale staan teenoor mekaar.

Breyten noem hierdie siklus verse ’n “collage”, getransformeerde ‘variasies’ van Darwish se werk, met sy eie stem daarin vervleg:

“Magmoed Darwiesj (Mahmoud Darwish, 1941 – 2008) die Palestynse digter, was ’n vriend van my …

Onmiddellik na sy sterfte het ek hierdie reeks begin skryf as fragmente van ’n voortgesette gesprek met hom.

… In die daaropvolgende weke sou ek noordwaarts reis – eers na Katalonië en daarna verder tot in Friesland
… Die gedigte gee dit weer …
Vertaling, om oor te gaan van die een taal in ’n ander, is ook ’n reis …
Ek beskou hierdie fragmente as lofbetuiging.

Miskien ook ’n poging om die sluier te kan wegtrek van die bekende gelaat wat nou stil geword het …
Die beelde, tot ’n mate selfs die ritme en die vormgewing, is syne …
Die reis gaan verder en die gesprek duur voort om tussen die woorde na hom te soek.”

(Uit die skrywersnota in die bundel.)

Mahmoud Darwish word beskou as die vernaamste digter, nie net van die Palestynse stryd nie, maar van die kontemporêre Arabiese letterkunde. Die hooftemas in sy werk is ballingskap en ontheemdheid.

“want ons sal ’n volk wees, o my mense, wanneer ons die presiese maat / van lewenspassie en sterfdrang herken …”

Breyten Breytenbach word beskou as een van Afrikaans se grootste lewende digters.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply