Hartseer
Ek staar na die hartseer
Met kringe om my oë
My gelpooide hart sit
Tussen die kettings van my bestaan
Die drang na sonskyn kan ek nie keer
Blaas wense van geluk na die maan
Wortels diep in my geloof bly ek glo
Kleur my lewens prentjie in met kleure van bo
Vang verlore skoenlappers van die verlede se seer
Verpak dit in gekleurde doeke
Skenk dit aan die reënboog se vleur
Vaarwel alle hartseer en vloeke
Jy
In die dag volg die skadu van die verlede my
Nagte los dit ´n bitter smaak wat
Ek sukkel om af te sluk
Jou teenwoordigheid … drup
Drup en oorspoel my watertafel van geluk
Jy, jy wat staar na die gesig in die wolke
Vergeet, en sien die nuwe my
Jou liefde … genees
Genees al die onsekerheid in my
Ek met al my tale
Wat jy nie verstaan, maar
Steeds, hou jy kop soos dollos krale
Jy, jy is die man, en ek
Ek is lief vir jou …
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto van te stuur vir publisering.
