Wie is nie bekend met die stoute poetse wat Jakkals aljimmers vir die arme Wolf bak nie. En nou is dit weer sulke tyd.
In die poppeverhaal van Dokter Jakkals oortuig Jakkals vir Wolf dat hy wat Wolf is slim genoeg is om Koning Leeu te gaan dokter. Nou Koning Leeu is in groot pyn en sy geduld is min en dan kom Wolf met die vreemdtse medisyne daaraan …
En om alles te kroon raak Wolf toe smoorverlief op Koning Leeu se dogter, Leeuwina in die storie Wolf die Vryersklong. Maar hoe kan hy haar oortuig van sy liefde? Sal haar pa die koning dit duld? En natuurlik is neef Jakkals byderhand met slimme raad …
Die poppekasvertoning in Afrikaans is geskryf en geregisseur deur Margit Meyer-Rödenbeck.
Deon van Zyl en Nelmari Brand, bekend vir hulle fantastiese spel in onder andere Vlooi en die Rooi Planeet en Die Avonture van Pippie Langkous vertolk die onderskeie rolle.
Die vertoning by Die Boer in Durbanville duur 45 minute en kaartjies kos R40-00.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
