// jy lees ...

Teater

Jong Dames Dinamiet!

Dames, maak u reg vir die mees opwindende JDD vergadering ooit! Ja, onder leiding van u voorsitster, Me Surissa du Toit, en die ondervoorsitster Mev Dr Dina Dreyer, kyk ons in dié week se vergadering na Mev Dr Dina Dreyer se handsakversameling. En het sy handsakke, mense: verskillende style, kleure, materiale (plaaslik en ingevoer). Me du Toit sal u ook bekend stel aan die nuwe Tupperware versameling – die mooiste en mees praktiese manier om te sorg dat u kombuis altyd professioneel lyk! En dan natuurlik ons akademiese geselsie dié maand: Feng Shui – Versiering of Satanistiese Ontsiering? Wees tog asseblief voorbereid op ´n in-diepte bespreking.

En die JDD (tak Bultfontein) vergader. Almal dra pastelpakkies van Edgars en Truworths. Alles verloop volgens plan. Totdat een van Mev Dr Dina Dreyer se handsakke ´n verrassing oplewer: ´n liefdesverklaring gerig aan haar man (Dr Danie Dreyer MB ChB (US) deur een van die dames in die JDD vergadering! En dinge val uitmekaar.

Vir die eerste keer op die verhoog kombineer twee van Suid-Afrika se voorste komediante hul talente. Marion Holm is Me Surissa du Toit – ongetroud, maar moet dit asseblief nie teen haar hou nie. Margit Meyer-Rödenbeck is Mev Dr Dina Dreyer, die stil mooi dametjie wat haar tandartsman ontmoet het terwyl sy studeer het vir haar BA (gewoon) aan US. Marion is ´n gesoute aktrise wat deesdae groot naam maak met haar werk saam met Casper De Vries op die Casper Rasper Show en saam met Lize Beekman in die feestreffers Lag nog ´n Slag en Laat daar lag wees! Margit Meyer-Rödenbeck is die alter-ego van die Afrikaanse komedie-ikoon, Dowwe Dolla. Sy is ook bekend vir haar vernuwende kinderteaterwerk, as radio omroeper en as rubriekskrywer vir Die Burger. Nou gaan gehore hulle beleef soos nog nooit tevore nie – dié twee mammas is moerig en hulle stap, in hierdie produksie, die pad vanaf Koekfontein tot by Thelma-en-Louisefontein en êrens tussen in vind hulle ´n balans van vrouwees, vriendskap en spatulas.

Die teks en regie vir die produksie is die werk van Hennie van Greunen, bekroonde skrywer van o.a. Dowwe Dolla, Blougat, Lyf, Junkiedrome, Café Boerlesque en Die Laaste Aand. Dié werke bevat almal baie sterk vrouefigure, maar Jong Dames Dinamiet is sy eerste stuk wat net op die vroulike psige konsentreer.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Kruissteek vir jong dames
  2. Sanlam bekroon jong bloed by Aardklop
  3. Dames & Here
  4. Jong man amputeer plesierspier

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] jaar meestal op vervaardigingswerk vir televisie en is sopas op die verhoog gesien in die bekroonde Jong Dames Dinamiet saam met Margit Meyer-Rödenbeck en in Anna se Engel saam met Pedro Kruger. Marion se stories en [...]

    Geskryf deur Sussie is nou suur Roekeloos | 22 Oktober 2009, 12:59

Switch to our mobile site