Anderkant die Yard

Anderkant die Yard, deur André Bester, word vanaf 21 tot 24 Oktober deur die Hoër Jongenskool Paarl se toneelgroep in die Ou Meulteater op die planke gebring. Dié aktuele jeugdrama is geskryf en geregisseer deur André Bester, ´n onderwyser aan Boishaai en is gebaseer op die vreugdes, groeipyne en krisisse van leerders wat Bester deur die jare onderrig het.
Dit weerspieël ´n werklikheid wat nie misgeloop moet word nie…

Die drie Blomerus-broers is talentvolle manne Daantjie (16), die jong bokser en aspirant Idol-ster, Nick (18), rugbykaptein wat sukkel om sy ongemotiveerde spanmaats te inspireer. En Ouboeta (19) wat glo sy King Ghekko-strokieskarakter gaan Hollywood oorweldig en sodoende ´n einde maak aan al die booswigte wat van die aarde so ´n siek plek maak.

Dit is die aangrypende verhaal van verskeurde gesinsverhoudinge en drie seuns se hunkering na liefde, begrip en die opeis van hul plekkie in die son, terselfdertyd bied dit ´n deernisvolle blik op die proses van manword.

Lewer kommentaar

Leave a Reply