’n Spul vriende herenig vir ’n jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne… slegs vier keer terug.
Nou word die koring van die kaf geskei … die manne van die muise … die jagters van die prooi.
“Ja manne, alles is snaaks tot iemand seerkry … dan is dit nie meer snaaks nie … dan is dit skreeusnaaks.”
Verlede jaar het julle gelag saam met die Ooms, vanjaar kan julle naels byt saam met die Manne. Beter waarde vir jou geld as ’n tros piesangs … gewaarborg!
* DEBUUT *
Met: Chris Vorster, Hennie Jacobs, Hannes Brümmer, Theodore Jantjies, Francois Lensley en Deon Coetzee
Teks & regie: Chris Vorster
Beligtingsontwerp: Christiaan Ballot
Klankontwerp: Riaan Rademan
Deur: Chris Vorster
Vervaardiger: GZ Produksies
Genre: Tragikomedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: – 14
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R135
Plek: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 20:00 | 4 Okt 09:30 | 5 Okt 16:00 | 6 Okt 13:00 | 7 Okt 09:30, 16:00
Manne
Manne
Roekeloos
2.5