Siek en Saad

 

Rian van Heerden is terug in 2009 met ‘n splinternuwe eenmansvertoning wat konserwatiewe gehore na hulle asems sal laat snak.

Verlede jaar se Vak word hierdie jaar opgevolg met Siek en Saad, ‘n samevatting van die Top 10 dinge in Suid-Afrika waarvoor Rian nou amptelik gatvol is. Volgens Rian is dit “hoog tyd dat ons presies sê wat die grondliggende redes is vir ons voortdurende stres in Suid-Afrika. Dit gaan terapeuties wees vir my … so moenie verwag dat ek gaan terughou nie!” Kom vind uit wat die redes is vir Rian se “latente aggressie”, jy sal bes moontlik saamstem!

Tydens Siek en Saad word hierdie Top 10 redes stelselmatig afgetel en word dus geëindig by die nommer een rede wat volgend Rian veroorsaak dat daar baie meer kalmeermiddels in sy badkamerkassie is as vantevore en meer rum en cokes as gewoonlik by vleisbraaie verorber word.

Tussendeur kom alles van Las Vegas se gay leeus, ‘n ouma wat karate doen, verkeersligdansers, karwagte en mense wat tee/skoene gooi tot dronk staatsdiensdokters, die Joost video, Carl Niehaus, Zuma vs Obama, die bloulig brigade en selfs sjimpansees onder die soeklig!

Is jy gereed vir die een coutdown wat jou dalk net sal laat beter voel? Maak dan seker dat jy nie Siek en Saad misloop nie.

Beslis nie vir sensitiewe gehore nie.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. 29/08/2009
    Rian, ek het jou onderhoud(heruitsending)met Chris Louw vanoggend, geweldig geniet. En weereens tot die besef gekom , hoeveel ons in ons land “gemis” het, deurdat ons ge-“brainwash” was en dat ons land so anders kon gewees het(meer ontwikkeld, veral op gekleurde bevolkingsgebiede!

    Ek wens ook die onderhoud kon langer aangehou het, maak weer so!

    Waar kan ek meer van Chris lees of d m v e-pos kontak maak.

    Groete, ek geniet jou programme.

    pietie burger

  2. Terug pieng: Bols « Roekeloos
Lewer kommentaar

Leave a Reply