Na die sukses van Testosmoroon. ´n rugbymoroon, verruil Leon Kruger sy rugbybal vir ´n vrou in ´n komedie oor ´n 31 jarige bachelor wat skeitBANG is vir trou. hoekom?
Volgens hom het hy nog nie die vrou ontmoet wat hom verdien nie. Tot hy haar ontmoet . . . Na 3 koffies en ´n belustige aandete vra hy haar om by hom in te trek, want saambly is ´n gerieflike agterdeur as jy voel sy het klaar die voordeur gesluit – daar’s nog kans om weg te kom. Hy misgis hom, want selfs die dikvelligste, domste man kom op ´n punt in sy lewe waar hy besef: Hierdie is dalk nie die langste one night stand in die geskiedenis nie. Dit is nie normaal vir ´n player van sy formaat om vir haar te kyk terwyl sy slaap nie en die girl maak ´n damn beter aartappelslaai as sy ma!
Ons ontmoet die verloofde wat haar troue met militêre presisie beplan. ´n Ma wat weier om van haar oudste seuntjie te skei. ´n Dosent wat glo ´n man kan nie langer as 4 weke ´n verhouding met een vrou hê nie – want na 4 weke gaan sy uitvind wie jy werklik is en dit wil jy nie hê nie. ´n Bachelor in die koekiefabriek, ´n oupa wat op 70 nie weet ´n vrou kan ook ´n orgasme kry nie en ´n jong man wat deurtrek is met die siekte, lamgeit.
Kruger is al deur die Argus beskryf as een van die snaaksste akteurs in ons land. gaan kyk hoekom.
Lewer kommentaar