In hierdie Vlooi-avontuur begin die towersleutel op ´n redelike onvanpaste tyd gloei. Dis Biebie se verjaarsdag partytjie en sy wil bitter graag haar geskenke oop maak, maar as die towersleutel gloei, is daar nie tyd om te verspil nie: Klou vas dat die avontuur kan begin.
Vlooi en Biebie bevind hulle in ´n baie donker ondergrondse myn. Aanvanklik is hulle bang, maar hulle vind ´n lantern en saam begin hulle versigtig rondloer. Dis myn lyk verlate en hulle vergeet gou van hul bangheid. Dan ontmoet hulle twee dwerge, Tjirrie en Tjorrie. Saam het die vier groot sports. Tjirrie en Tjorrie is Chester die reus se handlangers. Vlooi sê hy dink nie daar bestaan iets soos reuse nie, maar hierdie keer is die bekkige knapie verkeerd.
Chester is wel ´n reus. Hy is baie kwaad dat al sy goud op is. Hy beraam ´n plan om die dwerge te verkoop as slawe. Biebie beland ook in die nare Chester se hande. Sal Vlooi haar kan red, of word hy ook gevang?
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
