Wit manne se wapens

Hierdie is ’n lekker humoristiese, nostalgiese terugblik op ons ouer wit mans se tyd in die weermag. Die troepie, die korporaal, die slapgat, die kop-toe-manne kom maak almal ’n draai. Ook die vraag, waar staan ons nou?


Ervaar daardie eerste oomblikke in die kamp, die skietbaan, dril-oefeninge en naweekpas-kaskenades.

Hierdie stuk, geskryf deur Greig Coetzee, is met groot sukses in nie minder nie as dertien lande opgevoer. Die skryfstyl en karakters bied vir Gys de Villiers ’n gulde geleentheid om sy uitsonderlike talent ten toon te stel.

Onder die bekwame hande van die bekroonde regisseur Jaci de Villiers met spogstukke soos Suig, Imbumba / Samesyn en Die Afrikaner op haar kerfstok, beloof hierdie om ’n produksie uit die boonste rakke te wees.

Beleef Gys de Villiers in hierdie fisieke teater soos nog nooit vantevore nie.

Met: Gys de Villiers.
Teks: Greig Coetzee
Vertaling: Vertaal en verwerk deur Gys de Villiers
Regie: Jaci de Villiers

Gys de Villiers
Gys de Villiers
* Debuut *

innibos 2013

Gradering: Geen o/16 (T)
Datum en tyd: Wo 26 Junie 15:00, Do 27 Junie 15:00, Vr 28 Junie 19:00, Sa 29 Junie om 17:00.
Venue: Pickfords Nelspruit Laerskool, Nelspruit
Tydsduur: 80 minute
Prys: R97

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar