Volgens die PAC se sekretaris van gesondheid, Costa Gazi, sal ten minste 3000 babas per maand sterf in Suid-Afrika as die vrystelling van Nevirapine nog langer uitgestel word.
Die syfer is gebaseer op die HIV-positiewe verwagtende vrouens in Suid-Afrika se klinieke en hospitale. Volgens Gazi sloer die regering onnodig met die uitreiking van die middel aangesien die Verenigde Nasies dit reeds lankal goedgekeur het.
