’n Hele rits aardbewings het die kus van Mexiko getref vanoggend.
Die grootste skudding van 7.2 op die Richterskaal is in die noordweste van die land gevoel. Volgens die United States Geological Survey (USGS) was die middelpunt van die aardbewing sowat 175 km suidoos van Tijuana.
Die skuddings is tot in die Amerikaanse state van Kalifornië en Arizona gevoel.
