Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe

Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe

Roekeloos

Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe word die week by die KKNK in Oudtshoorn bekendgestel, amper 10 jaar na sy ontydige dood in ’n motorongeluk.

Tien jaar later word hy steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar méér dalk nog deur dié wat hom geken het vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het.

.’n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hóé om sy storie te vertel … Die draad wat regdeur sy lewe geloop het is dié van Tolla die gewer, die een wat uitdeel – nie net tasbare goed nie, maar ook van homself, om die lewe ’n beter plek te maak. Dalk verduidelik juis dít die gevoel van groot verlies toe hy skielik nie meer daar was nie.

Die skrywer is Tania du Toit. Sy skryf eerlik oor die mens en die verhoogpersoonlikheid, sonder om ooit in sensasie te verval.

Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe lees soos die volledige storie van Tolla van der Merwe, van die grapjas op die verhoog tot die man wat met depressie gesukkel het.

Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe
Konsert van die lewe: Die storie van Tolla van der Merwe

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply