Amper-amper

Twee dae gelede het ‘n asteroïede die aarde rakelings gemis.

2012 XE54 het tussen die aarde en die maan verbygeskuur, net twee dae nadat dit vir die eerste keer opgemerk is. Die rots was 36 meter breed en was ongeveer 230 000 kilometer weg van ons. Dit klink dalk klein, maar dit was so ‘n pikkie wat 2 000 vierkante kilometer woud platgevee het in Siberië in 1908.

Ons sal weer koes oor 2,72 jaar jaar, wanneer 2012 XE54 weer in ons omgewing kom draai.

Lewer kommentaar

Leave a Reply