Troeteldier mikroskyfies herroep

n Maatskappy het duisende foutiewe mikroskyfies wat gebruik word om diere op te spoor, herroep, omdat dit nie deur skandeerders gelees kan word nie.

Daar is in Februarie bevind dat ‘n spesifieke versending Back Home Biotec-mikroskyfies foutief is. Dié versending is onlangs wêreldwyd herroep.

Die versending het die nommers 900088 en 900008800259208.

Die eienaars van plaaslike troeteldiere wat die mikroskyfie het, is reeds in kennis gestel om hulle na veeartse te neem vir ‘n gratis vervanging.

Virbac SA het gesê mikroskryfies wat ná April 2012 verskaf is, is nie foutief nie.

Mikroskyfies, wat gewoonlik die grootte van ‘n ryskorrel is, word onder die diere se vel ingeplant en is gekodeer met die eienaar se besonderhede. Indien die diere wegraak, kan ‘n diereskuiling of veearts die troeteldier se mikroskyfie skandeer.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply