BlackBerry 10 uiteindelik hier

Die nuwe BlackBerry 10-bedryfstelsel is Woensdag wêreldwyd bekend gestel saam met twee nuwe fone.

Research in Motion (RIM) het ook tydens die bekendstelling gesê dat hulle naam nou sal verander na BlackBerry.

Die maatskappy het twee nuwe fone bekendgestel. Die Q10 het ‘n toetsbord, terwyl die Z10 slegs ‘n raakskerm het.

Volgens BlackBerry is die nuwe selfone meer soos mobiele rekenaars, en het benadruk dat die nuwe modelle geskep is met die oog op multimedia.

Die Q10 se skerm strek 7,8 cm van bo na onder. Die Z10 se skerm is 10,6 cm lank.

Plaaslike pryse moet nog vasgestel word, maar in die VSA sal die Z10 $599 (sowat R5 400) kos.

Die nuwe toestelle sal nie die BlackBerry-internetdiens (BIS) hê nie.

Selfoonnetwerke in Suid-Afrika kon nog nie bevestig presies wanneer dié toestelle in die land beskikbaar sal wees nie. Cell C het gesê die fone sal “vroeg in 2013” beskikbaar wees, terwyl MTN en Vodacom gesê het hulle sal later meer inligting gee.

Lewer kommentaar

Leave a Reply