Bootjie na Kammaland

The Mercury berig dat die eThekwini Munisipaliteit is op die punt om sowat R160 000 te bestee aan ‘n driedaagse vaart vir raadslede na die Portugese Eiland aan die kus van Mosambiek. Die afvaardiging sal vaar op die luukse MSC Sinfonia.

Veertig raadslede in Durban se ekonomiese ontwikkeling- en beplanningskomitee en ‘n onbevestigde aantal amptenare – is genooi op die vaart/konferensie.

Verlede maand het president Jacob Zuma aangekondig dat die regering oorsese reise sou beperk, asook besteding aan spyseniering, konferensies en uitbundige etes.

Lewer kommentaar

Leave a Reply