Koos se hotelkamer

Koos strompel die hotel se voorportaal binne.

Hy kon nooit sy motor opspoor nadat hy by die kroeg weg is nie. So besluit hy om vir ’n slag die regte ding te doen en by die hotel oor te slaap.

“Jammer, meneer.” Deel die ontvangs hom mee. “Ons is vol bespreek vir die nag.”
“Sjê my …” begin Koos, “Wat asj president Zoempies nou hier instap. Sal julle vi hom ’n kamer hê?”
“O ja, beslis,” word Koos meegedeel.
“OK …” sê Koos slim, “gee my maar daai kamer, hy kom nie meer nie!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply