Drie ruimtevaarders sal met China se volgende ruimtesending die buitenste ruim ingestuur word, waar hulle tydelik in ‘n eksperimentele module sal woon wat verlede jaar gelanseer is, het die staatsmedia Vrydag berig.
Die Shenzhou 9-ruimtetuig sal tussen Junie en Augustus gelanseer word, het die amptelike Xinhua-nuusagentskap gesê.
