China het gister ‘n ruimtetuig op die maan laat neerstort. Die beplande neerstorting is die eerste fase in China se toekomstige sendings na die maan.
Die Chang’e I is reeds in 2007 lanseer. Dit het data versamel om ‘n kaart van die maan saam te stel.
Die Chang’e II word in 2010 of 2011 gelanseer. Die onbemande tuig sal ‘n normale landing op die maan probeer uitvoer.
China beplan nog ‘n sending in 2017, wat weer na die aarde sal terugkeer, voor hulle ruimtevaarders op die maan land in 2020.
Nasa is ook tans besig om voor te berei vir bemande sendings na die maan.

