Volkswagen Suid-Afrika het die ikoniese Citi-Golf van die produksielyn verwyder.
Die motor is vir 31 jaar lank vervaardig en was Suid-Afrika se mees suksesvolle luikrugmodel.
Die laaste 1 000 gedenkmodelle het reeds in Augustus van die plaaslike produksielyn afgerol en sal nog tot begin 2010 beskikbaar wees.
Volkswagen sal teen Maart 2010 die opvolgmotor bekendmaak.
