Die sakeman en voormalige ANC politikus, Cyril Ramaphosa, is die naweek in hegtenis geneem. Hy is Sondagoggend in ‘n spoedlokval in Midrand gevang teen 162km/h.
Verskeie radiostasies het berig dat Ramaphosa erken het dat hy te vinnig gery het in sy Range Rover. Hy is op borgtog vrygelaat en sal later in die hof verskyn.
