Die einde van die Wêreld

Voorbeelde van hoe die SA Media die einde van die wêreld sal hanteer:

Beeld: Is daar nog lewe?
Rapport: Einde van Springbok-era
Burger: Beslis ´n ANC/SAKP-komplot
Huisgenoot: WARE LEWENSDRAMA: Huisgenoot-vrou vertel van haar laaste oomblikke
Sarie: Nou het jy nie meer vriendinne nodig nie
De Kat: Anna-Mart oor laaste ure
Insig: Chris Louw oor laaste ure
M-Net: We stopped the magic. M-Net
Jip: Dis nou c o o l … ekker
Kerkbode: Dominee Jan se voorbode word eindelik waar
Edgars Klub Tydskrif: Go out in style
Landbou Weekblad: Wat ´n misoes!
Loslyf: O poes!
Scope: Very fanny
Die Volksblad: Einde van wêreld knou mielie-oes
Litnet: Boetman is vir oulaas rerig die bliksem in
Finansies en Tegniek: Die rand se gly verby
Rooi Rose: Susan Coetzer kuier saam met die engele
VISI: Bonatuurlike dekor
FHM: Vote for the world’s sexiest angels
Roekeloos.co.za: Laaste kans met buurvrou

Lewer kommentaar

Leave a Reply