Al ooit gewonder hoe groot Suid-Afrika se nuwe R4,4 biljoen MeerKat radioteleskoop is?
Die R4,4 biljoen MeerKat radioteleskoop is in die Noord-Kaap gebou en is net kort van 20 m hoog; amper drie verdiepings.
Die teleskoop se naam was oorspronklik KAT (Karoo Array Telescope), maar nadat die Suid-Afrikaanse regering besluit het om die om die aantal skottels uit te brei van 20 na 64 is dit herdoop tot MeerKAT, letterlik “meer katte” in Afrikaans en natuurlik ook ’n geliefde dier in die Karoo.
Selfone, kameras en ander elektroniese toerusting word verbied in die omgewing wanneer die teleskoop in werking is, aangesien dit die sensitiewe elektronika op die skottels kan beskadig.

(foto: SKA South Africa)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
