Die toestand van die nasie

Vroegaand is dit my beurt by Pick ‘n Pay se betaalpunt. ‘n Man agter my se lyf rus gemaklik teen my rug.


Dan stoot hy my met sy maag vorentoe en begin sy trollie uitpak. Gooi hy sy kruideniersware op my vleis, groente … oor die katkos.

Beleef vra ek hom om te wag. Ons goed gaan deurmekaar raak?

“This is the pro-blem with you white people. You think this country belongs to you, don’t you get it? It’s now your time to suffer!” baklei hy luidkeels. Hy stamp my uit sy pad.

‘n Wit man by die betaalpunt langsaan spring oor die toonbank om my van sy wysvinger en spoegspatsels in my gesig te red.

Ek is heeltemal oorbluf. Is bang om in die skemer na my motor in die parkeerarea te loop …

Later in die week kyk ek na die State of the Nation toespraak spektakel.

Kameras buite wys hoe onbeheerste hordes betoog: teen rassisme.

Hulle breek alles om hulle af en gooi die polisie met klippe. Moet ek dan ook afbreek en klippe gooi? Soos hulle word? Sal hulle dan glo dat ek nie rassisties is nie?

In die voorafgaande optogte is dit opmerklik dat witmense nie vir die parades in ag geneem is nie. Is dit duidelik dat omgekeerde diskriminasie teen Suid-Afrika se minderheidsbevolking seëvier.

In die parlement ontwrig Malema en sy mense die sitting. Dit ontaard, soos gewoonlik, in ‘n sirkus.

In gebroke Engels probeer die voorsitster vasvat: “I am not wanting to listen, honorable mister Malema. I. … do … not … rec-og-nize yóú!”

Waar wás sy dan die afgelope paar jaar?

Ons president vind die situasie komies. Nes ‘n opwen-speelding, lig sy vinger met gereelde tussenposes om sy bril in plek te skuif. So elke derde keer krap die vinger sy kop. Daar is sporadiese lagaanvalle.

Hy tree nie in nie, want hy het nie die vermoë nie: Dit vorm nie deel van sy voorgeskrewe toespraak nie. Díe kan hy nie eers korrek aflees nie. Hoe dan nou sy eie woorde bymekaar sit om sinne te vorm.

Later is dit kommerwekkend dat hy nie eers verstaan wat hy aflees nie. En hy sukkel tog so met syfers.

“Com-pat-ri-ots, ou-er demo-cracy is safe … and stable. There is no pro-blems,” praat hy kaf.

Dan met oordrewe selfversekerdheid, stel hy die hordes buite tevrede: “There is a need to con-frant the deee-mon of racism!” Hy verwys natuurlik na die wit bevolking wat moet regkom. Ons moet leer om die mense wat verwoes, doodmaak, ons haat en teen ons diskrimineer, lief te hê. Ons moet aanvaar dat ons nie hulle gelyke is nie, maar dat ons voor hulle moet buig.

Na 22 jaar van demokrasie is daar is ‘n nuwe generasie wat die apartheidsjare nie direk beleef het nie. ‘n Voorheen onderdrukte volk wat nou alle regte gegee is. Is dit nie tyd dat hulle die duiwel van rassisme die hok slaan nie? Gaan hulle nooit vergewe nie?

Ongelukkig nie, want ons sit met ‘n nuwe generasie waar die meerderheid die situasie uitbuit. Waar hulle weier om verantwoordelikheid vir hulle eie bestaan te neem.

‘n Lui groep mense wat eerder met bak hande staan: wat huise, water, krag, skool – en naskoolse onderrig verniet wil hê; wat die slaagsyfer verlaag omdat dit hulle reg is om deur te kom.

Die reël is dat jy alles wat jy verniet kry, moet verwoes. Jy moet skole en universiteite vandaliseer. Die boeke verbrand. Jy moet jou vry huis verkoop en in tou staan vir nog een. Jy mag nooit tevrede wees nie. Jy moet altyd vir meer vra, want Suid-Afrika skuld jou.

Heel gerieflik word die land se geskiedenis stukkie vir stukkie uitgewis. Standbeelde word afgebreek en alles kry ander name. Daar mag geen getuienis van ‘n eens florerende land agterbly nie. Wanneer Suid-Afrika ten gronde gaan, kan Apartheid met ‘n skoon gewete blameer word.

En Jan van Riebeeck.

Intussen word mense aangehits. Is daar daagliks TV programme om almal te herinner aan die verlede. Hoor ons skokkende onthullings van ons geliefkoosde sepiesterre wat verkondig dat witmense nou kry wat hulle toekom …

‘n Klein persentasie van die vorige onderdrukte bevolking het die nuwe Suid-Afrika se geleenthede aangegryp. Hulle floreer. Die oorgrote meerderheid is egter ver van aanbeweeg. En alles wat hulle kry, sal nooit genoeg wees nie. Hulle gaan ook nie verantwoordelik neem vir hulle eie foute van die laaste 22 jaar nie.

Ek was nou die dag by die munisipaliteit. Wou navrae doen oor die feit dat ek skielik sedert Desember al my vry krageenhede kwyt is en nou dubbel vir eenhede betaal. “Dis ‘n nuwe instelling, Mevrou. As jy in ‘n huis wat meer as R300,000 werd is, woon, val alle gratis eenhede weg en word jy outomaties na die hoër tarief oorgeskakel.”

Ja compatriots, as jy ‘n adres het, betaal jy dubbel vir jou eenhede. En al is jy hoe spaarsaam, kan jy vergeet van gratis eenhede. Dis nou jou verantwoordelikheid om die hordes wat bak hande staan, met gratis krag te voorsien.

Witmense in hierdie land gaan vir altyd gestraf word. En ons moet leer om stil te bly. Vryheid van spraak geld nie vir ons nie. Wanneer ons praat, word ons as rassisties bestempel.

Maar nee, ek is nie rassisties nie. Ek gun vir alle wetsgehoorsame mense ‘n plekkie in die son.

Ek is maar net ‘n mens en en ek verlang terug na die tyd toe ons strande nog skoon was; Toe ek nie bang was om by ‘n verlate stopstraat te stop nie; Toe die woord smash ’n grab nie bestaan het nie.

Ek mis die dae toe skoliere mekaar nie met messe gesteek en verkrag het nie; Toe ek nog vreesloos in die straat kon rondloop; Toe ons snelweë nog vry was van brandende bande en vlieënde klippe.

Ek verlang terug na die tyd toe ek as gevolg van my kwalifikasies en ondervinding werk kon kry en nie weggewys word bloot as gevolg van my velkleur nie; Toe die woord ‘bemagtiging’ nog nie die woord ‘swart’ vooraan gekry het nie.

Na die tyd toe matrieksertifikate en grade nog iets werd was en ek in Afrikaans kon swot; Na ‘n tyd toe Afrikaanssprekende persone nie gebroke Engels probeer praat het nie, omdat hulle nou nie met Apartheid vereenselwig wil word nie.

Na ‘n tyd toe ek nog op ons land se leier trots kon wees.

Toe bome nie links en regs afgekap was nie.

En ek is siek en sat vir Afrikaanssprekende juffrouens wat Afrikaanse kinders in Engels moet onderrig. “Go with de grrreen light, stop at de rrred light.”

Dis hoorsê, maar ek verneem dat een van die ministers die apartheidsregering vir die huidige water tekort blameer: Ons sit met yslike damme wat halfvol is. As die ou regering die damme kleiner gebou het, was hulle nou vol.

Dit maak seker sin as jy ook glo dat ‘n stort na onbeskermde seks jou van vigs sal vrywaar.

Ek is maar net bekommerd.

En gatvol.

Optog teen xenofobia, Klein Ethiopië, Johannesburg, 23 April 2015.
Optog teen xenofobia, Klein Ethiopië, Johannesburg, 23 April 2015.

Sluit aan by die Gesprek

5 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar