Die Nederlandse polisie het twee broers, ‘n tweeling, in hegtenis geneem vir diefstal, nadat hulle met Google Street View betrap is. Die broers het ‘n seuntjie beroof in die dorpie Groningen. Die seun het die polisie geskakel nadat hy sy aanvallers en homself op Google Street View gesien het. Die foto is geneem op die dag van die diefstal. Die broers sal binnekort in die hof verskyn.
