Dís drink en bestuur

‘n 46-jarige vrou is in Johannesburg in hegtenis geneem, nadat verkeersbeamptes letterlik moes bontstaan om haar aan te keer.

Die vrou het verkeersbeamptes se aandag getrek toe sy amper een van hulle raakgery het en hom toe uitskel asof dit sy skuld is.

Toe die beampte haar wou aftrek het sy geweier om te stop. Drie verkeersbeamptes het in die pad voor haar aankomende motor gaan staan. Sy het een net net gemis en in patrollievoertuig vasgery. Die beamptes moes aanhoor hoe die vrou op hulle vloek.

Sy het steeds probeer wegkom en verkeersbeamptes moes haar wiele stukkend skiet om haar tot stilstand te dwing.

Die vrou is aangekla van dronkbestuur, crimen injuria, poging tot moord en roekelose bestuur.

Boonop het sy glo ook op haar selfoon gepraat ten tyde van die voorval.

Lewer kommentaar

Leave a Reply