Nog nooit tevore het ’n Suid-Afrikaanse sportafrigter die mediabelangstelling so gaande gehad nie.
Of anders gestel: nog nooit tevore het ’n Springbokrugby-afrigter vir soveel opskudding en humor gesorg, soos Peter de Villiers, afrigter Nommer 7 ná Suid-Afrika die beroepsera betree het, nie.
De Villiers is, danksy sy uitgesprokenheid, reguit en krom en onderstebo en deurmekaar soos wat sy woorde onder sy welige snor mag uitrol, die kleurvolste. Hierdie boek bevat ’n versameling van Div, soos hy genoem word, se aanhalings – én dien as ’n getuigskrif vir sy prestasies tot nou.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

8 Desember 2009
