Acacia ataxacantha
Hierdie vinnig groeiende plant is inheems aan Suid-Afrika. Jy kan dit snoei en ‘n struik daarvan maak of tot ‘n volwaardige boom laat groei. Dit kan tot 10 meter hoog word.
Die Vlamdoring se groen blare raak roomkleurig in die laat somer en die jong rooi peule verkleur geleidelik tot bruin.
Die struik groei omtrent in enige grond en het baie min water nodig.