MultiChoice het ’n stok in nuwe mededinger TopTV se speke gesteek met een nuwe produk en ekstra kanale vir bestaande produkte.
DStv Lite loods vandag vir net R99 per maand. DStv Lite sal 25 TV-kanale hê. Verder word DStv Select 1 uitgebrei met 8 kanale, DStv Select 2 met 6 kanale en DStv Compact met 4 kanale.
Laat die oorlog begin!
