#Time het gister die 2010 Time 100 lys met die gewone fanfare bekendgestel. Dit is ’n lys van die wêreld se mees invloedrykste mense.
Suid-Afrika het twee inskrywings op die lys.
(meer oor is Niell Blomkamp)
Die tweede inskrywing wil ons asseblief opeis as ’n Suid-Afrikaner. Hy is gebore in Suid-Afrika en is ’n produk van PBHS (Pretoria Boys High School). Op 12 het hy sy eerste rekenaarprogram verkoop. Julle het dalk al gehoor van een van sy eerste skeppings, PayPal? Of wat van Zip2, SpaceX, Tesla Motors of SolarCity? Jon Favreau en Robert Downey Jr. het die Iron Man karakter Tony Stark op hom baseer en Downey som hom op as “’n Renaissance man in ’n tyd wat hom nodig het”. As jy nog nooit gehoor het van die naam onder die denkers op Time se 2010-lys nie moet jy dadelik sy Wikipedia inskrywing gaan lees. Die naam is Elon Musk.
Graça Machel, vrou van Nelson Mandela, is ook op die lys en is gelys onder die wêreld se helde vir haar stryd teen HIV en die mishandeling van vroue en kinders.

Minder bekend en belangrik is vanjaar se Bum List, die mense met die minste invloed in die wêreld. Onder die “Morons” pryk Suid-Afrika se enigste (sommige sal sê welverdiende) inskrywing Julius Malema.
