Engelse sokkerondersteuners

Gevegte het onder sokkerondersteuners uitgebreek in Rome kort voor vanaand se wedstryd tussen Manchester United en Barcelona in die eindronde van die Kampioene-liga.

Rome se stadsvaders het ‘n verbod op die verkoop van alkohol geplaas voor en na die wedstryd, maar dit het nie sekere ondersteuners verhoed om dronk te word nie.

Daar was geen ondersteuners van Barcelona betrokke in die bakleiery nie, net ondersteuners van Manchester United.

Lewer kommentaar

Leave a Reply