Eugene Terre’Blanche vermoor

Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche is gister op sy plaas Villanna, buite Ventersdorp, vermoor.

Dit wil voorkom asof hy deur twee plaaswerkers, 16 en 21 jaar oud, vermoor is. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee.

Terre’Blanche is deur die polisie in sy bed gevind en het nog op sy rug gelê. ’n Panga en ’n knopkierie is in die kamer gevind.

Eugene Ney Terre’Blanche was die leier van die regse Afrikaner Weerstandsbeweging wat hy in 1973 saam met 6 ander persone gestig het.

Terre’Blanche (69) word oorleef deur sy vrou Martie en dogter Bea.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar