Terugblik op 2010

Januarie

12 – Aardbewing in Haïti – ‘n Aardbewing lê Haïti in puin en dood meer as 100 000 mense.

13 – Teddy Pendergrass – Die Amerikaanse sanger Teddy Pendergrass (59) sterf aan kanker.

25 – Jackson Hlongwane – Die Suid-Afrikaanse beeldhouer Jackson Hlongwane (99) sterf aan natuurlike oorsake.

Februarie

9 – Kinders brand dood – Minstens agt kinders brand dood in ‘n kinderhuis buite Newcastle, KwaZulu-Natal.

27 – Aardbewing in Chili – ‘n Aardbewing in Chili dood meer as 700 mense.

April

3 – Eugene Terre’Blanche vermoor – Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche word op sy plaas Villanna, buite Ventersdorp, vermoor.

5 – Aardbewings in Mexiko – ’n Hele rits aardbewings tref Mexiko.

8 – Amper volledige fossiele ontdek – Daar word amptelik bevestig dat twee baie volledige fossiele van Austraulopithecus Sediba in ‘n grot in die Malapa-area in Suid-Afrika gevind is in 2009.

8 – Malcolm McLaren – Die musikant Malcolm McLaren sterf op die ouderdom van 64 jaar aan kanker in Switserland.

10 – Lech Kaczynski – Die Poolse president sterf in ‘n vlugramp in Rusland.

20 – Die BP olieboor Deepwater Horizon ontplof. 11 mense sterf en olie lek vir 86 dae lank uit in die Golf van Mexiko.

Mei

2 – Lynn Redgrave – Die Britse aktrise Lynn Redgrave sterf aan borskanker.

14 – Frederik van Zyl Slabbert – Die Suid-Afrikaanse politieke analis Frederik van Zyl Slabbert is by sy huis oorlede.

29 – Dennis Hopper – Die Amerikaanse akteur Dennis Hopper sterf weens prostaatkanker.

Junie

11 – Sokker Wêreldbeker – Die 2010 Sokker Wêreldbeker skop af in Suid-Afrika

24 – Langste tenniswedstryd – Die langste wedstryd in die geskiedenis van manstennis vind plaas op Wimbledon.

Julie

7 – Robbie Jansen – Die Suid-Afrikaanse musikant Robbie Jansen sterf weens asemhalingsprobleme.

Augustus

5 – 33 Mynwerkers word in ‘n myn in Chili vasgekeer na ‘n rotsstorting. 69 dae later word hulle gered.

18 – Fiona Coyne – Die Suid-Afrikaanse aktrise Fiona Coyne pleeg selfmoord in haar huis in Vishoek, Kaapstad.

September

15 – Bettie Cilliers-Barnard – Die Suid-Afrikaanse kunstenaar oorlede op die ouderdom van 95.

29 – Tony Curtis – Die Amerikaanse akteur sterf na ‘n lang siekbed op die ouderdom van 85.

Oktober

5 – Alba Bouwer – Die Afrikaanse skrywer sterf op die ouderdom van 90 jaar.

10 – Joan Sutherland – Die merkwaardige sopraan sterf by haar huis in Switserland.

November

13 – ‘n Britse toeris, Anni Dewani, word tydens haar wittebrood in Kaapstad vermoor. Haar man Shrien Dewani word later betrek by die moord.

29 – Leslie Nielsen – Die Kanadese akteur sterf in die ouderdom van 85 jaar.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply