Die HTC Magic word vandag in Suid-Afrika bekendgestel. MTN het al verlede week die HTC Dream in die mark gestoot, maar die HTC Magic is die jongste model van die Android-aangedrewe fone.
Die HTC Magic is die ware jakob onder die Internet-fone. Die foon se Android-bestuurstelsel is deur Google ontwerp. Die foon, met sy uitstekende blaaier, maak dit verspot maklik om Gmail en Google Maps
te gebruik.
Verskeie Suid-Afrikaners het al klein, gratis programmetjies vir die HTC geskryf.

