Gedigte van Brian Wilson

bloed

toe loop ek in die kakhuis in, die een sonder kakpapier, maar daai dag was my dag, ek het my gesig gewas ek moes ek het geen keuse gehad nie, ek het die kraan oop gedraai, bloed het uitgestroom soos daai keer toe ek myself raakgesny het, vars warm bloed, ek het my gesig gewas en my hoof opgelig, om na die ding wat julle mens noem te kyk, ek was verstom nog steeds as ek nou terugdink, jou wit gelaat deurtrek met bloed jy was eerlik met jouself, die eerste keur in ´n lang tyd en jy´t besef wat aan die gebeur was en dit so aanvaar, jy’t jou gesig afgedroog en die eers spierwit handdoek net so daar gelos vir Whitey om te kom optel, ek het bo in die hoek gaan sit om jou dop te hou jou gaurdian angel op strike op jou hande en kniee het jy daar uitgekruip oppad na die naaste telefoonhokkie, ek wou jou hand vat en jou optel maar ek het my bevele van bo gekry geen hulp, soos ´n slak wat ´n snotstreep agter hom laat net so het jy ´n streep van bloed agter jou gelaat met jou laaste energie het jy jouself opgetrek om veroulaas te sê: “MA EK HET JOU LIEF SE GROETE VIR PA” en dit was die laaste, vandag sweef ek weer deur dieselfde strate maar iets is verkeerd is dit moontlik ek mis jou
p.s. if its the case please dont tell God

ongetiteld

ek het na iets gaan soek, enige iets wat my na ´n Afrikaner kon laat voel, toe koop ek maar ´n koerant, iewers hang ´n kerkorrel in ´n boom, die rooikombuis is gesluit alles is reg alles is ´n fokop ek verdwaal in my eie spacestation ver van reality en van dit wat regtig saak maak, iewers in die verte kraai ´n haan maar slegs twee keur, ek stamp my toon teen die hoek van Botha en Mandela en beweeg stadig na die busstop, “Whitey skuif op my toon is moer seer”, in die gang kom die geskreeu van ´n vrou wat teen haar wil gepenetreer word, dan hou dit op sy begin te huil, dan die geweerskoot altyd in daai volgorde “welcome to africa we hope you’ll enjoy your stay”, maar iewers hang ´n kerkorrel in ´n boom sing ´n lied van die lewe en more huil ons oor jou dood, alles is reg alles is ´n fokop, maar ons “smile to the world and the world shows he’s middle finger back at us” die rooikombuis het sy deure weer oop gemaak, bestel ´n porsie van “God se dagboek” en dink by jouself jy’t te ver gegaan, ek staan op die pyn het gaan slaap Whitey is weer happy met sy dubbelbed terug en al, dit begin te reën en ek beweeg stadig na die eerste help-jouself-kroeg, met my eerste dop dink ek aan Whitey se dak wat lek en of hy more die son sal sien opkom, maar iewers hang daar ´n kerkorrel in ´n boom, met my vierde dop is Whitey met al sy probleme iets van die verlede, my grootste probleem is nou om my glas leeg te kry ek staan op, tip die barman, en sit my kerkhoed op, buite val die reën nog stresloos van bo ek druk die koelyster teen my kop die druppels versteek my trane en veroulaas dink ek aan Whitey, die kerkorrel in die boom en die groot fokop wat ons aarde noem… en dan al wat oorbly is om die sneller te druk …

prediker 1

ek het jou gewaarsku, maar jy wou nie hoor nie, toe gebeur dit, terwyl jy geslaap het, het hy soos ´n dief in die nag stilletjies in jou oop mond in gekruip en hom daar kom vestig, selfs na ek jou oor en oor gesê het jy verander wou jy nog steeds nie luister nie, jy’t onherkenbaar vir jouself geraak, die “gap” tussen jou “reality en die “universe” sin het te groot geraak, terwyl jy nog gedink het dis net ´n “moodswing” het dit soos ´n kanker jou hele liggaam begin deurtrek, die gas het die heer geraak en al wat jy kon doen was om aande met die lig aan te slaap sodat jy hulle op ´n mate nog kon beheer, maar vandag het die foon gelui, alles was prediker 1, jy’t jou gat gesien, jou ma het my laat weet jy’s “gone” jou kamer deurtrek vol boodskappe van “sorrys and why’s” en hoe om dit te beheer, dit het gewerk, “you took back the power” hulle het jou liggaam een vir een verlaat, “but at what price”, sien jou volgende jaar die keer sal ek blomme bring

something new

vat my weg van al die so genaamde ondervindings, van vroeg opstaan en om jouself te bewys teen iets wat nie eers bestaan nie, van “moodswings” en oorgekookte “tempers”, wat niks bereik nie, sit my neer tussen wolke en laat my verdwaal tussen die gesange van engele, trek die dier uit my uit, stroop my van al my haat, laat my trane my skoon was en hul gesange my afdroog, laat my tog net voel soos daai eenkeur wat ek nie eers meer kan onthou nie, maar wat jy ook al doen “dont drop me now” hou my hier bo dis waar ek hoort

Die peach pit

daar op die peach pit het ons ons eerste dop gemaak, pyp gemaak en groot geraak
dit was altyd die goeie teen die slegte hollywoodstyle altyd beter altyd groter
daar waar ons op ons knieë gesit en kots het,daar waar ons menigte male
sonder komberse in die koue geslaap het te dronk om huis toe te gaan, daar
waar skietgebedjies aan die orde van die dag was om ons teen die bose van
die nag te beskerm,

daar het ons beloftes gemaak met die Aller Hoogste soos Retief in die ou
dae, dit was ons kerk, ons kerk in dronkenskap

ons het groot geraak en die bottels ook, menigte stukkend gegooi in ´n oomblik
van glorie en belowe dat die dit laaste keer so wees, maar more was ons weer
daar groter beter hollywoodstyle
waar so dit alles eindig?
wie so kon raai?
wie so kom nag sê by die peach pit

Indeks van digters

Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar