In die Grey Matter (#NAF-3341) kunsuitstalling, by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad, ondersoek Anton Brink die emosionele en visuele skakerings van grys. Met die eerste oogopslag lyk dit asof net grys gebruik is in die skilderye, maar Brink gee sy verskillende skakerings van grys lewe deur kleur te laat deurskyn.
Die versameling skilderye het ontstaan uit Anton Brink se uitstalling by die Nasionale Kunstefees in 2007.
Nasionale Kunstefees 2009
Plek: Albany-wetenskapsmuseum
