Tien MTN-werknemers is in Fairland in die noordweste van Johannesburg in hegtenis geneem oor bedrog wat sowat R200 miljoen beloop, het die metropolisie gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê agt mans en twee vroue is in hegtenis geneem toe hulle Donderdag by MTN se hoofkantoor opdaag om te werk.
