Hoe laat jy ‘n koei minder poep

Met ‘n klein bietjie visolie sê die Iere.

Dis geen grap nie. Ierse wetenskaplikes het ontdek dat indien jy ‘n klein bietjie visolie by koeie se dieet voeg hulle minder metaan afskei. Die gas is deels verantwoordelik vir die klimaatsverandering wat tans plaasvind.

Indien 2% van die koeie se dieet uit visolie bestaan poep hulle 21% minder.

Lewer kommentaar

Leave a Reply